Angelina Jolie

Angelina Jolie
'n Beeld van die betrokke persoonlikheid.
Angelina Jolie in Junie 2014

Geboortenaam Angelina Jolie Voight
Geboorte 4 Junie 1975 (1975-06-04)
Los Angeles, Kalifornië (Verenigde State)
Nasionaliteit Vlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State
Vlag van Kambodja Kambodja
Ouers Jon Voight
Marcheline Bertrand
Lewensmaat Jonny Lee Miller (1996–2000)
Billy Bob Thornton (2000–2003)
Brad Pitt (2014–2016)
Kinders 6 (3 is aangenome)
Beroep(e) Akteur, rolprentvervaardiger
Aktiewe jare 1998-
Rolprente Girl, Interrupted, Maleficent
Toekennings 3 Golden Globes
Internet-rolprentdatabasis-profiel

Angelina Jolie (gebore Voight; 4 Junie 1975 in Los Angeles, Kalifornië) is 'n Amerikaanse aktrise, filmvervaardiger en humanis. Sy het 'n Oscar, twee Screen Actors Guild-toekennings en drie Golden Globe-toekennings ontvang, en is bekend as Hollywood se hoogsbetaalde aktrise.

Jolie het haar rolprentdebuut as kind saam met haar pa, Jon Voight, gemaak in Lookin' to Get Out (1982). Haar filmloopbaan het 'n dekade later in alle erns begin met die kleinbegrotingproduksie Cyborg 2 (1993), gevolg deur haar eerste hoofrol in 'n groot rolprent, Hackers (1995). Sy het in die kritiesbekroonde biografiese televisiefilms George Wallace (1997) en Gia (1998) opgetree, en het 'n Oscar vir die Beste Byspeler vir haar toneelspel in die drama Girl, Interrupted (1999) ontvang.

Jolie se hoofrol as die videospelheldin Lara Croft in Lara Croft: Tomb Raider (2001) het haar as 'n leidende Hollywoodaktrise gevestig. Sy sit haar suksesvolle aksiesterloopbaan voort met Mr. & Mrs. Smith (2005), Wanted (2008), en Salt (2010), en ontvang lof vir haar optredes in die dramas A Mighty Heart (2007) en Changeling (2008 ), wat haar 'n nominasie vir 'n Oscar as beste aktrise besorg.

Sedert 2010 het sy haar loopbaan uitgebrei met die regie en vervaardiging van die oorlogdramas In the Land of Blood and Honey (2011) en Unbroken (2014), asook die romantiese drama By the Sea (2015). Haar grootste sakesukses sover is die fantasieprent Maleficent (2014).


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy